Thursday, December 29, 2005


Ek het sopas Koos Kombuis se Outobiografie neergesit. Dis 'n boeiende verhaal van 'n jong man genaamd André le Toit. Koos slaag daarin om sy karakter se eienskappe "karaktereienskappe" so te ontwikkel dat hy teen die einde van die boek 'n paar paralelle met sy eie lewe kan trek. Die boek was geweldig insiggewend dog snaaks, ek het gelag... en gelag... Ja my enigste kritiek teen die boek was dat daar nie meer seks in was nie. Ek meen dit sê tog "seks" op die omslag. Gelukkig is daar genoeg snaakse vloekwoorde in die boek soos: fok, kak, tiete en hy sê selfs meer as eenkeer poes. Hy's nogal snaaks... die Koos. Ek het gelag.

Nes in sy liedjies vloek hy nogal baie. Al waarvan ek nie so baie gehou het nie was dat hy van baie dwelmmiddels wat verslawend is in sy boek praat. Hy het selfs gesê dat hy dagga gerook het en LSD gevat het. Gelukkig weet ons dat die regte Koos net Tassies drink. Dit staan so op sy ghitaar en ek en my vriende koop elke keer by sy shows vir hom 'n bottel Tassies. Dan speel hy gewoonlik vir ons "AWB Tiete"... dis my gunsteling liedjie. Ek en my vriende raak altyd snotters en staan dan heel voor by die show en skree kliphard "AWB Tiete" tot hy dit speel. Dan lag ons verskriklik baie.

Die boek is die moeite werd. Veral as jy al klaar al sy CD's het soos ek. Ek is beslis Koos se grootste fan en juis daarom kan ek hierdie boek aanbeveel. Ek skryf self ook liedjies en sing 'n paar covers soos Toto se "Hold the line", "Hey Jude" en Matallica se "Unforgiven" vir optredes kan julle my skakel by 012 555 2020 of e-mail my by Johan@elvispresley.co.za. Soos ek sê het ek die boek terdeë geniet. Vandat ek dit opgetel het kon ek dit nie neersit nie... wel behalwe toe ek met die bruin beer moes gaan worstel en my konsentrasie verbreek was.

Koos vloek nogal baie in die boek. Dis moerse cool. Hy sê ook poep 'n hele paar keer.

Koos A. Kombuis vir president.